
Met meer as 38 jaar se ondervinding in die onderwys, verstaan Juffrou Hyla die uitdagings van kinders wat sukkel om te leer, al probeer hulle hul bes. Sy het ‘n hart vir kinders wat moed verloor en ouers wat desperaat is vir hulp. Met haar empatie en kundigheid stap sy saam met ouers en kinders op ‘n pad van begrip, raad en oplossings. Jou kind hoef nie alleen te sukkel nie – Juffrou Hyla is hier om te help.
Baie leerprobleme begin by ’n kind se onvermoë om met begrip te lees. Boonop help dit geweldig as jou kind ’n liefde het vir boeke, lees, stories en om nuwe inligting op te neem—dit maak leer soveel makliker.
Kry insig oor hoe jy van 0 jaar af daardie liefde kan begin kweek en reeds vroeg die groot probleem begin aanspreek.
Gee jou kind 'n blywende liefde vir lees van 'n jong ouderdom af (Dit is waar die leerprobleme begin)
Maklike oefeninge wat jou kind se leesvaardighede en begrip gaan verbeter (en julle verhouding)
Bou jou kleintjie se woordeskat van jongs af
Gee jou kind selfvertroue in sy taalvaardigheid
Hierdie kursus wys jou presies hoe om jou kind vroegtydig voor te berei vir Graad 1. Dit kan ook gebruik word vir kinders wat reeds in Graad 1 of selfs Graad 2 is — want die skool kan ongelukkig nie by elke kind se pas stil staan nie.
Wat die eerste vaardighede is wat jou kind moet weet en hoe om dit vir hulle te leer (Noodsaaklik vir Graad 1)
Die groot motoriese vaardighede wat jou kind moet weet om skool toe te gaan PLUS hoe om dit vir hulle aan te leer
Watter wiskundige vaardighede jou kind moet ken en praktiese wenke om dit aan te leer
Die volledige lys vaardighede wat jou kind moet ken om die beste kans te hê vir formele onderwys (Begin nou al vir 'n akademiese voorsprong)
Juffrou Hyla se kursus help kinders wat sukkel met lees!
Hierdie kursus bied praktiese wenke wat ouers help om hul kinders se leesvaardighede te verbeter. Skakel memorisering uit, gee jou kind selfvertroue om voor ander te lees en kry die regte metodes om te gebruik om jou kind se lees te verbeter
Leer waar om te begin om jou kind te help wat sukkel met lees
Kry stap-vir-stap videos oor hoe om jou kind te help
Hoe om woordhuisies te bou en woordvensters te gebruik om saam met jou kind te lees
Hoe om memorisering uit te skakel
Gee jou kind meer selfvertoue om voor ander te praat en lees
Hierdie kursus help kinders met wiskunde en getallebegrip.Dis ideaal vir ouers wat hul kinders wil help om wiskunde makliker te verstaan – van kleintyd af OF, jou Graad 1 en 2 kind te help wat sukkel!
Hoe om wiskunde-speletjies tuis te gebruik
Hoe om getalle, vorms en patrone maklik te verduidelik
Hoe om jou kind se selfvertroue in wiskunde te bou
Hoe om van baba-tyd af wiskunde deel van julle dag te maak
Leer hoe om speel-speel wiskundige konsepte aan jou baba bekend te stel
Ek help ouers met oefeninge om saam hulle kinders te doen om die brein te ontwikkel
Hulle kan dit maklik by die huis doen
Dit vat nie ure 'n dag nie
As jou kind goed is in middellynkruising, verbeter dit alles in sport en akademie
Praktiese oefeninge wat jou kind gaan help om beter te presteer in akademie en sport
Hoe om die twee kante van die brein te leer om beter met mekaar te kan kommunikeer.
Hoe om aktiwiteite waar jou kind albei kante van die liggaam gebruik beter te kan doen.
Maklike speletjies en aktiwiteite om daagliks saam jou kind te doen om hom te ontwikkel.Hoe om van baba-tyd af wiskunde deel van julle dag te maak
Laai 'n Gratis 20 Bladsy Lynvolg PDf Werkkaart Af
Juffrou Hyla
info@juffrouhyla.co.za
© 2025 Juffrou Hyla