Met 38 jaar se ondervinding in die onderwys, bring ek nie net kennis na die tafel nie, maar ook ‘n diepgewortelde passie vir kinders wat sukkel – diegene wat wil, maar steeds struikel.
Ek het my studies in 1985 voltooi aan die Potchefstroomse Onderwyskollege (NWU) en het sedertdien duisende jong harte en breine gevorm. My jare in die klaskamer het my geleer dat elke kind uniek is, elkeen met sy eie uitdagings en potensiaal. Veral die “seerkry-kinders” lê my na aan die hart – dié wat sukkel met selfvertroue, leerprobleme of net ‘n bietjie ekstra hulp en begrip nodig het.
Na ‘n ryke loopbaan in die onderwys, is ek nou hier om ouers en kinders te ondersteun buite die grense van ‘n tradisionele klaskamer. Ek bied leiding, raad en praktiese hulpmiddels vir ouers wat hul kinders se leerproses wil ondersteun en vir kinders wat ‘n bietjie ekstra aanmoediging nodig het.
Kom stap saam met my ‘n pad – ‘n pad van hoop, groei en deurbrake. Of jy ‘n ouer is wat onseker is oor jou kind se leeruitdagings, of ‘n kind wat sukkel en net ‘n bietjie hulp nodig het, ek is hier vir julle.
Juffrou Hyla
© Juffrou Hyla. All rights reserved