Baie kinders sukkel om lank genoeg stil te sit en te fokus.
Hulle word vinnig moeg wanneer hulle skryf of aan tafel werk.
Kinders kan ook sukkel met balans, koördinasie, middellynkruising en liggaamsbeheer.
Ons probeer baie keer die probleem regmaak waar ons dit sien.
As ’n kind sukkel om te skryf, laat ons hom meer skryf.
As hy sukkel om te lees, laat ons hom meer lees.
As hy nie kan konsentreer nie, vra ons hom om net ’n bietjie langer stil te sit.
Maar soms moet ons eers teruggaan na die fondasie.