Elke dag kry ek boodskappe van ouers en oumas: vrae oor lees, klanke, woorde, wiskunde en agterstande.
Die skool kan nie vir elke kind individueel stilstaan nie. Ouers voel dikwels magteloos — of onseker of dit wat hulle by die huis doen enigsins help.
Ek het besef: ouers móét weer die verantwoordelikheid vat — maar met die regte ondersteuning.
Ek kan nie elke ouer een-tot-een help nie… maar ek kan my kennis, ervaring en raad direk met ’n privaat groep deel.